FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

Gesond

Studie wys hoekom gewig nie afbly nie

Jy werk vir maande om daardie ekstra kilo’s af te skud. Eet gesond, vermy sjokolade soos die vloek en oefen vir die vale. Jy verloor die gewig, pas uiteindelik in daardie nuwe jeans en eet weer soos ’n normale mens. Maar voor jy jou oë uitvee, het jy weer ál die kilo’s opgetel en jou klere sit sommer stywer! “Hoekom kan ek nie dié gewig afhou nie?” vra jy desperaat.

Kevin Hall, ’n wetenskaplike van ’n federale navorsingsinsituut in Amerika, het vir ses jaar lank deelnemers van die realiteitsreeks The Biggest Loser gevolg om agter te kom hoekom hulle nie hul gewig kon afhou nie. Die meeste deelnemers van seisoen 8 het hul gewig weer opgetel. Sommiges weeg sommer nóg swaarder.

FOTO: Instagram / @biggestlosernbc

FOTO: Instagram / @biggestlosernbc

Hall het met sy studie tot sekere gevolge gekom.

Hy het vasgestel dat die deelnemers ’n rustende metabolisme gehad het, berig The New York Times. Al was hul voorheen oorgewig, was die deelnemers se metabolisme toe normaal vir hul lengte. Nadat hulle suksesvol gewig verloor het, was hul metabolisme aansienlik stadiger. Maar wat navorsers geskok het van Hall se studie, is dat die deelnemers se metabolisme nooit weer herstel het na die normale vlakke nie en oor die jare al hoe stadiger geword het. Hulle het steeds gewig bly optel, al eet hulle reg en oefen hard.

FOTO: Instagram / @biggestlosernbc

FOTO: Instagram / @biggestlosernbc

Dr. Michael Schwartz, ’n vetsug- en diabetesnavorser, het aan The New York Times vertel dat jou liggaam dikwels sal terugbaklei om jou weer te bring by die gewig wat jy voorheen was.

“Solank jy onder jou aanvanklike gewig is, sal jou liggaam als probeer om jou weer terug te kry waar jy was,” verduidelik hy.

Die studie is deel van ’n poging om volhoubare oplossings vir vetsug te vind en verskyn binnekort in die internasionale wetenskapsjoernaal Obesity.

Verloor gewig sonder dieet

Eers die slegte nuus: Die gemiddelde mens sit van ‘n halwe tot 1 kg gewig per jaar aan.

Die goeie nuus? Jy kan dit voorkom as jy elke dag net 400 kJ minder inneem. As jy gewig wil verloor, moet jy 1 000 kJ per dag uit jou dieet sny.

Lees die volledige storie hier.

FOTO: Instagram /@biggestlosernbc

FOTO: Instagram /@biggestlosernbc

20160429_VGB Tag.

Lees ook

Afrigter tel gewig op & verloor 31 kg saam met kliënt

5 bonusse as jy gewig verloor!

Verloor gewig sonder dieet – Rêrig! (Wenk 6 – 15)