FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Gesond

Is te veel oefening sleg vir jou?

Die menslike liggaam is ’n masjien en ons bewonder dit veral nou weer tydens die Olimpiese Spele. Maar soms kan dié masjien te ver gedryf word en by vroue kan dit lei tot amenorree, die afwesigheid van menstruasie. 

Dié toestand kom veral voor by atlete, soos Olimpiese gimnaste, en professionele dansers, soos ballerinas. Daar word onderskei tussen twee tipes, primêr en sekondêr. Primêre amenorree is wanneer ’n jong vrou teen die ouderdom van 16 jaar nog glad nie gemenstrueer het nie. Die toestand is sekondêr wanneer daar vir drie siklusse of langer as 6 maande aaneen nie menstruasie was nie.

Volgens Health24 kan dit ’n kombinasie van die vrou se gewig, stres en intense oefenprogram wees wat amenorree veroorsaak. ’n Ongebalanseerde dieet speel ook ’n rol.

 

Wanneer moet jy dokter toe gaan?

As jy 3 keer na mekaar nie menstrueer het nie, moet jy ’n dokter raadpleeg.

Gelukkig is amenorree nie permanent nie en kan dit met ’n gesonde eet- en gebalanseerde oefenprogram herstel word, Webmd.

– Vir meer inligting, besoek Mayo Clinic.

Maar om te oefen is belangrik …

Luister net na jou liggaam. Nie almal van ons hou van oefening nie en ’n uur by die gim is dikwels straf.

FOTO: Unsplash

FOTO Unsplash

Hier’s ’n 12-minuut-oefenprogram om jouself reg te kry vir die somer:

Dié oefenprogram neem net 12 minute. Doen elke oefening vir 20 sekondes en rus dan vir 10 sekondes voordat jy die volgende een doen. Herhaal die stel 3 keer. Rus ’n minuut tussen die stelle.

Opstote (push-ups) – lê op jou maag, hande langs jou skouers, stut jouself op jou knieë (later jou voete) en stoot jouself met jou arms op, sak stadig met jou bolyf tot net bokant die vloer deur jou arms te buig

Burpees – hurk, skop jou voete terug, doen ’n opstoot, keer terug na die hurk- posisie en spring in die lug

Hurksitte (squats) – staan met jou voete heupwydte uit mekaar, arms voor jou uitgestrek en laat sak jou boude sodat dit lyk asof jy sit

Triseps-oefening – staan met jou rug na ’n tafel, hande op die rand, sak af met jou lyf en stoot jouself weer met jou arms op

Sterspronge (jumping jacks) – spring na ’n wydsbeen-posisie en
klap terselfdertyd jou hande bo jou kop, spring dan weer sodat jou bene bymekaar is en jou hande langs jou sye

Afsakke (lunges) – staan met voete ’n liniaalbreedte uitmekaar, tree stadig vorentoe met regterbeen en sak stadig met jou linkerknie tot op die vloer, kom regop en tree terug met regterbeen; doen dieselfde met jou linkerbeen

Hardloop op die plek

Plank – doen ’n opstoot en bly in daardie posisie, met jou lyf reguit.

Bodydynamics: www.body-dynamics.co.za

Lees nou

Olimpiese openingseremonie – Onthou jy dit?

Knoffel vir gesondheid én geur

3 wenke vir bobaas-gesondheid