FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Gesond

Waar jy woon kan jou risiko vir ’n hartaanval vergroot

As jy in Gauteng woon, is jou kanse om ’n hartaanval te kry twee keer groter as dié van iemand wat in KwaZulu-Natal woon. In ’n opname* het verreweg die meeste noodoproepe (3 359) vir hartverwante toestande uit dié provinsie gekom.

En al is die Wes-Kaap is bekend as die luilekkerland van see en wyn, is die prentjie daar nie veel rooskleuriger nie, met 2 320 noodoproepe in dieselfde tyd.

Daarna volg KwaZulu-Natal met 1 692, die Vrystaat met 1 047 en Mpumalanga met 868 telefoniese noodkrete. Die risiko is beduidend minder vir mense in die Oos-Kaap (552), Noord-Kaap (408) en Noordwes (384). Limpopo se mense, die provinsie met die vyfde meeste inwoners, doen skynbaar iets reg. Net 201 noodoproepe het uit die streek gekom.

Verreweg die meeste oproepe het uit die groot stedelike gebiede gekom. Chroniese stres, weet ons, het ’n groot impak op hartgesondheid.

*Die farmaseutiese maatskappy Pharma Dynamics het die aantal oproepe na ’n nood-responseenheid oor moontlike hartaanvalle ontleed. (Van Mei 2014 tot April 2016.)

– September is hart-bewusmakingsmaand

Lees nou

Ernst kry sy goud!

Hillary (en die Demokrate) se hoes

Jana se Erfsondes kry nuwe seisoen!