FOTO Instagram / @m_phelps00

FOTO Instagram / @m_phelps00

Gesond

Riller: Kolle op Michael Phelps se lyf

Die Amerikaanse swemmer Michael Phelps het onlangs sy 21ste goue medalje by die Olimpiese Spele gewen. Maar dis nie net sy spiere wat jy by die swembad raaksien nie – Michael het ook groot pers kolle op sy lyf. En dis als te danke aan cupping.

Cupping klink soos ’n nuwe Hollywood-gonswoord. Bekendes soos Kim Kardashian, Jennifer Aniston, Gwyneth Paltrow, Victoria Beckham, David Arquette en Jessica Simpson pronk ook graag met hierdie kolle.

Dis veral Gwyneth wat dit al vir jare doen, berig The Independent.

Maar die gebruik is al eeue oud.

Wat is cupping presies?

Volgens WebMD is cupping ’n vorm van alternatiewe medisyne en die gebruik kom al eeue in China en selfs antieke Egipte voor. Glasies word vir 5 tot 10 minute onderstebo op die vel geplaas om ’n suig-effek te veroorsaak. Die vel word letterlik soos ’n doppie in die glasie ingesuig en in die proses word bloedvloei gestimuleer.

Dit help glo met bloedsirkulasie, velprobleme, spanning, depressie en spierpyn. Daar’s egter nie bewyse nie en die verligting word dikwels aan ’n tipe plasebo-effek gekoppel, berig The New York Times.

Hoe lyk cupping?

Om foto’s van “cupping” te sien is byna soos om na ’n riller-rolprent te kyk. Al wat jy kan dink is: “Hoekom? Hoekom sal hierdie mense dit aan hulself wil doen?”

WAARSKUWING: Jy sal moontlik gril.

Thanks @arschmitty for my cupping today!!! #mpswim #mp @chasekalisz

A photo posted by Michael Phelps (@m_phelps00) on

Die merke kan glo tot 3 weke lank sigbaar wees!

Sal jy dit probeer?

  • JA
  • NEE

Hier toets van Buzzfeed se personeel ‘cupping':

Lees nou

Glas wyn vir jou brak? Ja!

Lewis Pugh kniediep in vullis