FOTO Unsplash / Yanko Peyankov

FOTO Unsplash / Yanko Peyankov

Gesond

Wêrelddag vir lupus – die stil siekte

Dit word as die “stil siekte” beskryf. ’n Siekte waar die liggaam sy eie gesonde weefsel aanval. En dikwels neem dit jare om dit te diagnoseer. Vandag is Wêrelddag vir lupus.

Wat is lupus?

Dis ’n outo-immuunsiekte. Die mees algemene en gevaarlikste soort is sistemiese lupus eritematose (SLE), ’n chroniese siekte van die bindweefsel. Dit het ’n uitwerking op verskeie liggaamstelsels en is bekend as die “groot nabootser” omdat dit simptome met soveel ander siektes deel.

Dit kan die vel aantas (velletsels en pynlike swelsels wat soos opgehewe kneusplekke lyk), gewrigte (vingers, hande, polse en knieë), niere, longe, hart en senuweestelsel.

Sowat 1 uit elke 250 mense ontwikkel dit. Daar is nie ’n kuur nie en simptome word met immuun-onderdrukkers (soos kortikosteroïede) beheer.

FOTO: Unsplash / Sunset Girl

FOTO: Unsplash / Sunset Girl

Simptome kan die volgende insluit:

• Geweldige moegheid

• Laegraadse koors

• Kwaai gewrigs- en spierpyn

• Veluitslag op lyf

• Gewigsverlies

• Sensitiwiteit vir die son

• Swak sirkulasie in hande en voete

• Haarverlies

Daar is bekendes wat openlik met lupus saamleef en bewys dat dié “stil” siekte hulle nié onderkry nie.

Selena Gomez - sanger

Lady Gaga – sanger

Seal – sanger

Elaine Paige – Britse aktrise

Die Grammy-wenner Michael Jackson het voor sy dood in 2009 ook aan lupus gely.

Verlede jaar het een van SARIE se Voorbladgesig-finaliste, Marié Lourens, vertel dat sy aan dié outo-immuunsiekte ly. Die toestand is in 2014 by haar gediagnoseer.

“Ek was nog nooit vantevore siek nie. Om chroniese medikasie te gebruik is moeilik. Ledemate wat pyn en uitputting is onder meer simptome, maar ek is glad nie siek nie en geniet die lewe.”

Hier praat sy oor haar siekte

In SARIE se Julie 2016-uitgawe, te koop vanaf 13 Junie, is daar ‘n artikel oor Marié.

Besoek die webtuiste World Lupus Day vir meer inligting.

Lees nou

Malaria – stil, dodelike vyand

Zika-virus veroorsaak toe wel klein skedels