CV

FOTO Justin Badenhorst

Hoe klink jóú Afrikaans?

Dis weer tyd – toets jou taalkennis!

Ons was lanklaas so opgewonde oor ’n toets …

Maar die SARIE-taaltoets in samewerking met Afrikaans.com gaan jou nie met eksamen-angs laat nie. Voltooi die vinnige vraelys, deel jou resultaat met jou vriende en daag hulle ook uit om deel te neem!

Wie dra die taalkroon in jou vriendekring?

Vraag van
Huidige telling:

Kies die regte een

  • Sy is so ryk, sy het alles behalwe haar eie helikopter.
  • Sy is so ryk, sy het allesbehalwe haar eie helikopter.

Kies die regte een

Jou antwoord:

Regte antwoord:

Allesbehalwe beteken "glad nie", soos in: Die skaakspeler is allesbehalwe dom. Alles behalwe word letterlik gebruik.

Wie, wat? Kies die regte antwoord:

  • Die bekendes wat so vinnig gewig verloor ...
  • Die bekendes wie so vinnig gewig verloor ...

Wie, wat? Kies die regte antwoord:

Jou antwoord:

Regte antwoord:

Wat word gebruik ten opsigte van mense, diere en dinge. Wie word net gebruik saam met se, waar besit ter sprake is, of saam met 'n voorsetsel. Soos in Die aktrise wie se kind gebore is, of Die eks vir wie die sanger geld skuld.

Vir baie vroue is dit ’n harde

  • realityd
  • realiteit

Vir baie vroue is dit ’n harde

Jou antwoord:

Regte antwoord:

Daar bestaan nie 'n woord soos realityd nie.

Ons kan die afgelope/laaste twee weke vir die Voorbladgesig-finaliste stem

  • laaste
  • afgelope

Ons kan die afgelope/laaste twee weke vir die Voorbladgesig-finaliste stem

Jou antwoord:

Regte antwoord:

Afgelope dui presiese tyd/tydperk aan. Die laaste ruk/tyd is 'n onbepaalde tydsaanduiding.

Wayde van Niekerk het deurgedring tot die finale rondte / ronde by die Olimpiese Spele

  • Rondte
  • Ronde

Wayde van Niekerk het deurgedring tot die finale rondte / ronde by die Olimpiese Spele

Jou antwoord:

Regte antwoord:

Rondte is die roete waarop jy beweeg as jy weer by die beginpunt eindig. Byvoorbeeld: In die 800 m-wedloop hardloop atlete 2 rondtes om die baan. Ronde is 'n fase in 'n kompetisie. Atlete ding dus mee om plekke in die halfeindronde of die finale ronde.

Daar is 'n ... in my rok

  • gaitjie
  • gaaitjie
  • gaatjie

Daar is 'n ... in my rok

Jou antwoord:

Regte antwoord:

Regte spelling

Iets smaak

  • frank
  • vrank

Iets smaak

Jou antwoord:

Regte antwoord:

Regte spelling. Die frank is 'n geldeenheid.

Tom Hanks ly aan

  • diabetis
  • diabetes

Tom Hanks ly aan

Jou antwoord:

Regte antwoord:

Regte spelling

Kies die regte een

  • Ek kry alledaags die koerant
  • Ek kry daagliks die koerant

Kies die regte een

Jou antwoord:

Regte antwoord:

Alledaags het die teenoorgestelde betekenis as buitengewoon en word soms effens neerhalend gebruik. Daagliks dui op iets wat elke dag gebeur.

Jou punt

Jou Afrikaans is “lekker”, maar jou Afrikaans-onnie gaan dalk nie so dink nie. Maar onthou, Afrikaans is kleurryk, Afrikaans het ritme, Afrikaans het seggenskap en Afrikaans het nut! Afrikaans is uniek en Afrikaans is universeel. Afrikaans is ... oppibôl! Besoek afrikaans.com vir alles Afrikaans.
Beantwoord weer die vrae

Jou punt

Jou Afrikaanse taalkennis is uitstekend, jou Afrikaans-onnie sal trots wees. Onthou, Afrikaans is kleurryk, Afrikaans het ritme, Afrikaans het seggenskap en Afrikaans het nut! Afrikaans is uniek en Afrikaans is universeel. Afrikaans is ... oppibôl! Besoek afrikaans.com vir alles Afrikaans.
Beantwoord weer die vrae

Doen ook die eerste toets HIER en die tweede een HIER.

Toets jou kennis verder op Afrikaans.com se trivia-blad – klik HIER.

Besoek afrikaans.com en wys hoe lyk jóú Afrikaans en jy kan tot R10 000 WEN!

banier ad 600x300 -72dpi