Joshua na die Reën. FOTO Helenus Kruger

Joshua na die Reën. FOTO Helenus Kruger

Hoe klink jóú Afrikaans?

Ek kan rock in my taal! En rap ook!

Amanda Strydom en Churchil Naudé het heerlik saam ge-rock en ge-rap op die verhoog in Johannesburg.

Die twee het bewys jy kan saamsing in harmonie, al sing jy uit verskillende Afrikaanse boeke. Hulle was gisteraand op die verhoog om Veldtog Afrikaans af te skop. In hul geselskap was daar onder meer Anna Davel, Joshua na die Reën en Brandon October om Afrikaanssprekendes aan te moedig om hul taal te vier in dié nuwe bewusmakingsveldtog.

Ja, Afrikaans klink fantasties, uiteenlopend en uniek, want al doen elke kunstenaar sy eie ding op sy manier, doen hulle dit in hul taal, die een waarvoor hulle lief is.

FOTO Uppe Marketing

FOTO Uppe Marketing

Chris van Niekerk en Anna Davel.

Chris van Niekerk en Anna Davel

Veldtog Afrikaans is daarop gemik om Afrikaans te vestig en te bevorder, het prof. Theuns Eloff, voorsitter van die Dagbreek Trust, gesê. Dit gaan gedoen word deur ’n mediaveldtog met buitelug-advertensieborde en redaksionele en advertensieblootstelling op televisie, radio en in die drukmedia.

Prof. Theuns Eloff

Prof. Theuns Eloff

“Hoe lyk jóú Afrikaans?” is die vraag wat gevra word en die publiek word genooi om op die webtuiste afrikaans.com saam te kom gesels oor hoe hulle hul ding in Afrikaans doen. Jy kan ook aan die kompetisie op afrikaans.com deelneem en die kans staan om te wen. Hier kan jy jou uitleef in jou taal en deel word van ’n groter netwerk Afrikaanse mense.

Die veldtog se beskermhere en -vroue sluit akademici, skrywers, akteurs en joernaliste in. Van hulle is dr. Theuns Eloff, Sandra Prinsloo, Mathews Phosa (oudpremier van Mpumalanga) en Japie Gouws (besturende direkteur van die ATKV). Dan is daar ook ambassadeurs soos Nathan Trantraal, Dana Snyman en Nedine Blom wat op verskillende maniere betrokke sal wees by die veldtog.

Kyk hier na een van die TV-advertensies.

Hou SARIE, SARIE KOS en SARIE.com oor die volgende weke en maande dop om te sien hoe lyk óns Afrikaans.

Besoek afrikaans.com vir meer inligting.