800x800
Hoe klink jóú Afrikaans?

Só lyk die wenners van die Hoe lyk jou Afrikaans?-wedstryd

Die laaste paar maande vra die webtuiste Afrikaans.com jou om te wys hoe lyk jóú Afrikaans. Hulle het duisende inskrywings ontvang en elkeen het ’n kans om tot R10 000 te wen.

Jy het steeds kans om vir die derde ronde in te skryf. Maar kyk solank hoe lyk die wenners van die tweede ronde.

Die inskrywings vir die tweede ronde het van oraloor gekom – Kanada, Australië, die VSA en uit die noordelikste hoek van Namibië. En dit bewys weer: Afrikaans is net soos die mense wat die taal praat. Kleurvol, kreatief, karaktervol en uniek:

Beste teks: Marzanne Janse van Rensburg

Ek skryf ’n briefie en gooi dit in die see
Die branders kom en neem die letters met hul mee
Ek sing ’n gedenklied vir dié wat was
Die wind kom en waai teen my woorde vas
Ek resiteer ’n gedig van Lina Spies
Die woorde gaan sit vas in my kies
Maak hierdie aanvalle saak?
Sal dit my ooit diep raak?
My taal is sterk en onbeperk
My taal is onder my hart se vlerk
My Afrikaans sal leef en voortbestaan
My Afrikaans sal aanhou aangaan!

Kyk na haar inskrywing HIER

Beste video: Fanus Minaar

Kyk na sy inskrywing HIER

Beste foto: Ilandre en Linda Rautenbach

Screen Shot 2016-10-10 at 9.41.10 AM

Kyk na hul inskrywing HIER


Die rondomwêreld van Afrikaans

Uit twee leefwêrelde kom ’n gedeelde liefde vir Afrikaans. Die jong klomp uit die diep Karoo is die Hartlanders van Laingsburg en hulle dra hul taalhart op die mou terwyl die Engelse tieners van Parklands College die pad stap met ’n kielie in die keel. Hierdie twee groepe tieners is definitief die hoogtepunt van ronde twee en die lede van albei groepe ontvang ’n verrassingsprys vir hul lekker video’s.

Die Hartlanders – Staan op vir Afrikaans!

Kyk na hul inskrywing HIER

Parklands College –  Wat is die rol van Afrikaans in jou lewe?

Kyk na hul inskrywing HIER

Lees meer oor al die wenners hier

Die derde en finale ronde van die “Wys ons hoe lyk jóú Afrikaans en WEN!”-kompetisie het reeds afgeskop. Daardie R10 000 soek ’n beursie!

banner-WinnersRonde3