FOTO Leana Clunies-Ross

FOTO Leana Clunies-Ross

Hoe klink jóú Afrikaans?

Só lyk Voorbladgesig-finalis se Afrikaans

Ons 40 ‪#‎SARIEvbg‬-finaliste vir 2016 is eksklusief in ons Julie-uitgawe. Vandag kyk ons terug na ons 2015-finaliste en vra een van hulle wat Afrikaans vir haar beteken.

Hoe bly jy so positief?

My ma, Virginia, ’n huishulp, het my geleer om elke dag helder te skyn. Daar is soveel mense met groot probleme.

Vanwaar jou suiwer Afrikaans?

Ek is ’n Kalahari-nooi, gebore op Kuruman, en het studeer aan ’n Afrikaanse skool en universiteit. Ek is lief vir dié taal.

Is jy baie gedissiplineerd?

Op skool het ek al baie hard gewerk omdat ek geweet het hoe hard my ma moes werk om vir my ’n goeie opvoeding te gee. Sy is my dryfveer om suksesvol te wees.

Is jy hoopvol oor Suid-Afrika se toekoms?

Ek wil net hier bly. Tswana en Afrikaans is die tale van my hart. My kinders moet eendag grootword in dié land met al sy verskillende kulture.