FOTO Facebook

FOTO Facebook

Hoe klink jóú Afrikaans?

Mia wen #SKSL se kompetisie!

Van kleintyd af was Mia Malherbe van Randburg lief vir musiek. Sy het as dogtertjie haar kunstenaar-pa se platespeler aangesit en na alles geluister, van The Beatles tot Pink Floyd. En nou het sy pas gehoor dat sy die wenner is is van Sy Klink Soos Lente se temalied-kompetisie!

“Ek was nog altyd net mal oor musiek. Dis een van my groot liefdes,” vertel Mia, wat haar graad in bedryfsielkunde by Pukke verwerf het, aan SARIE.com.

Drie jaar gelede het sy vir die eerste keer die kitaar opgetel en self begin speel. En so het sy begin liedjies skryf.

“Musiek maak is al wat ek wil doen! Ek gebruik nie eens meer my graad nie,” lag sy.

Uit die hope inskrywings was haar verwerking (cover) die een wat die aandag getrek het. Nie net het sy ’n liedjieskryfskool en ateljee-dag saam met Bouwer gewen nie, sy het ook 2 kaartjies na die première van Sy Klink Soos Lente gekry!

“Dit het nog nie ingesink nie!” vertel Mia.

Mia droom daarvan om eendag haar eie album uit te gee. “Ek skryf graag liedjies, maar as ek optree, doen ek covers. Dis gewoontlik my eie weergawe.”

Hoor hoe klink Mia se verwerking: 

Baie geluk, Mia!

Kom fliek saam met ons op 8 September

Kyk die fliek waaroor almal praat, Sy Klink Soos Lente, nog voor hy op die groot skerm verskyn. Ons hou ’n eksklusiewe première in samewerking met King Price net vir jou – kom skuur skouers met die akteurs en kry ’n lekker lente-bederf!

sy klink soos lente premiere

Jy het nog nie ’n romkom soos dié gesien nie. So voel almal wat aan Sy Klink Soos Lente werk. Verwag iets tussen School of Rock en 500 Days of Summer met Johannesburg op sy mooiste as die agtergrond. O, en natuurlik ’n klomp werktuigkundiges, karre en kitare! Hierdie is ’n fliek vir almal.

Bespreek nou jou kaartjies!

Datum: Donderdag, 8 September 2016, 19:30

Drag: Rock-ster-glans

Waar: Atterbury-teater, Lynnwood Bridge, Pretoria

Prys: R150 (sluit ’n lente-bederf in)

Koop kaartjies by Computicket

Hoe lyk jou lente?

Só klink Mia se lente. Hoe lyk jou lente in Afrikaans? Neem ’n foto, video of skryf iets uit die hart. Jy kan tot R10 000 WEN! Gaan na afrikaans.com.

Selfie 1667 × 833