FOTO Unsplash / Vil Son

FOTO Unsplash / Vil Son

Hoe klink jóú Afrikaans?

Ons woord van die maand #koester

Van dié maand af het ons ’n gunsteling-woord – een wat ons sommer ’n paar keer deur die gedrukte uitgawe én op SARIE.com gebruik. Die 1ste een is #koester.

Dit kom van die Nederlandse “koesteren”, wat “verwarm” en “vertroetel” beteken. #koester is so ’n lekker woord omdat dit verskillende goed beteken.

So sê die woordeboek HAT (6de uitgawe) oor #koester:

1 Verwarm.

2 Goed versorg, vertroetel.

3 In jou binneste lewendig hou en laat groei.

En dis presies wat SARIE doen, met ons lesers én met Afrikaans. Hierdie winter verwarm ons liggaam en siel en help ons om alles wat vir ons saak maak – ook Afrikaans – in ons binneste lewend te hou en te laat groei.

Kry jou Julie-uitgawe (met Bobby van Jaarsveld op die voorblad) om te sien hoe ons dié woord op verskillende maniere gebruik. 

Hou ook SARIE.com op Twitter en Instagram dop om te sien wat ons SARIE-redaksie koester en gesels saam – gebruik #koester #MyAfrikaans.

Wat #koester die SARIE-span?

Herman Lensings, SARIE-kosredakteur

Carmen Botma, bemarkingsassistent

Lucelle Hough, digitale redakteur

Phyllis Green, fotograaf en boekeredakteur

Charis van den Heever, skoonheidsredakteur

Roos, my gunsteling-geur. @sarietydskrif #koester

A photo posted by Charis Van Den Heever (@charisheever) on

Hou SARIE.com en ons sosialemedia-platforms dop vir die res van ons span se #koester-items.

Het jy geweet?

Besoek afrikaans.com, wys hoe lyk jóú Afrikaans en jy kan groot pryse wen!

Hiker 1667 x 833