FOTO Getty Images / Gallo Images

FOTO Getty Images / Gallo Images

Hoe klink jóú Afrikaans?

Ons woord van die maand #woema

Dalk nie die “mooiste, mooiste maand” soos Leipoldt se Oktober nie, maar dié maand het sy eie bekoring: ons kyk heerlik hoe die Bokke speel en sien uit na Span SA wat binne die volgende paar weke hul drif en durf wys wanneer hulle in Rio aan die Olimpiese Spele deelneem. Ons sê dis ’n maand met #woema!

En #woema is ook ons woord van die maand. Verlede maand het ons ge-#koester, en dié maand pak ons aan met hope energie.

#woema

Dis heerlike geselstaal en jy weet sommer jy het hier te doen met iets kragtigs, iets sterk. Iets vol ywer.

#Woema, sê die kenners, is moontlik die klanknabootsing van die geluid van ’n enjin, of ’n ontploffing. Dit is rondom 1971 vanaf Afrikaans ook in Suid-Afrikaanse Engels opgeneem: voom.

Kry jou Augustus-uitgawe (met Rolene Strauss op die voorblad) om te sien hoe ons dié woord op verskillende maniere gebruik. 

Hou ook SARIE.com op Twitter en Instagram dop om te sien hoe ons SARIE-redaksie woema kry en gesels saam – gebruik #woema #MyAfrikaans.

Waar kry die SARIE-span hul #woema?

Hou SARIE.com en ons sosialemedia-platforms dop vir die res van ons span se #woema-oomblikke – en deel ook jou #woema-oomblik met ons! 

#woema

A photo posted by Fanie Cronje (@faniecronje) on

Het jy geweet?

Besoek afrikaans.com, wys hoe lyk jóú Afrikaans en jy kan tot R10 000 wen!

Doily 1667 × 833