appeltert_home
Hoe klink jóú Afrikaans?

Raai die gebak se naam

Hier by SARIE.com hou ons van lekker vars gebak én woordspeletjies. Daarom het ons besluit om die twee te kombineer …

Raai die gebak, of bestanddeel, se naam. Dis in alfabetiese volgorde en vandag speel ons van A – M.

Kan jy almal raai? (Psst, die leidrade is onderaan die speletjie.)

 

Hier’s leidrade:

A = Tert waarvan die vulsel van ’n spesifieke vrug gemaak is.
B = Nagereg van dun velletjies skilferige deeg, heuning en neute, gewoonlik in ruitvormige stukkies gesny.
C = Byna soos ’n doughnut, en gewilde eetgoed in Spanje, Portugal en Frankryk.
D = Tuisgemaakte lekkergoed waarvan dadels ’n belangrike bestanddeel vorm
E = Gebak gevul met room en met versiersel bo-op.
F = Soort skilferdeeg wat in baie dun lagies gebruik word vir soet- en soutgebak.
G = Gladde mengsel van gelyke hoeveelhede room en gekapte sjokolade, onder meer gebruik om koek te versier en as sjokoladevulsel.
H = Klein koekies met ’n vulsel van appelkooskonfyt en klappermeringue bo-op.
I = Tipe vrugte wat lank hou {_ _ _ _ _ _ _ _ _ _ vrugte}.
J = Broodjies met soet of sout vulsel tussenin.
K = Gebakte tertvorm met ’n vulsel van maaskaas, eiers en suiker.
L = Byna soos suurlemoene, maar die vruggies is kleiner met ’n dunner skil en groener vleis.
M = Gebakte poeding met appelkooskonfyt.

Toets jou kennis verder op Afrikaans.com se trivia-blad – klik HIER.

Toets jou kennis verder op Afrikaans.com se trivia-blad – klik HIER

Afrikaans.com aanlyn banier