FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Hoe klink jóú Afrikaans?

SARIE-lesers skryf saam ’n gedig! Só lyk die lente-gedig!

Onlangs het iets opwindends gebeur! Ons het almal sáám ’n gedig geskryf. 

Ons het die eerste reël op Facebook geplaas en julle het die tweede reël geskryf. Die reël met die meeste LIKES word gekies en dan vra ons julle om die derde reël te skryf, ens.

Liebet Pretorius se eerste én tweede voorstel het die meeste LIKES gekry. Crystelle Ackermann se voorstel vir die vierde reël het “gewen”. En Linese van Eeden se vyfde reël was die gewildste onder SARIE.com-lesers. Amouré Robinson het ’n hele strofe met ons gedeel en boonop het dié strofe die meeste LIKES gekry. Haar hele strofe is nou ons tweede strofe.

Sy klink soos lente
moeder aarde betaal al weer die mensdom se rente
Sy ruik soos reën
En weet dit is alles net aan haar geleen, die aarde, ’n reuse-seën.
Is liefde aan haar kant, of word haar hart in twee geskeur?

Sy voel soos winter, hier in die Bosveld. Droogte en stof in die long
voet op die aarde. Hunker na hemel se genade.
Die seën van die reën waarna sy smag.
Sy ruik na herfs. Elke blaar, elke blom verloor sy geur
Maak gereed om te verdwyn, haar te beskerm teen die seer wat dreig
Haar hoop van lewe geberg tot die volgende seisoen …
Sy proe soos somer. Soet gebrand. Kaalvoet dans. Hemel op aarde
Sy het dit gemaak… Ja, dís God se genade.

mood

FOTO Unsplash

Wat dink jy van ons lesers se gedig? Het die beste reëls en strofes gewen? Laat ons weet wat jy dink in die kommentaar-boksie hieronder. 

Intussen kan jy wys hoe lyk jóú Afrikaans op afrikaans.com en jy kan tot R10 000 wen!

Selfie 1667 × 833