Hoe klink jóú Afrikaans?

Illustrasies van Afrikaanse woorde word wêreldwyd gekyk

Wat kry jy wanneer Afrikaanse woorde direk in Engels vertaal word?

Ons het verlede jaar berig dat die gewilde internasionale webtuiste Bored Panda werke van die plaaslike kunstenaar Robyn O gedeel het. Sy illustreer hoe woorde sal lyk as dit direk uit Afrikaans in Engels vertaal word.

Intussen het sy nóg illustrasies op die webtuiste geplaas. En albei artikels saam is meer as 31 000 keer gelees.

Skoonpa-640__605

“Ek is só opgewonde! Ek is in kennis gestel dat die sketse wat ek op Bored Panda geplaas het, op dié webtuiste se tuisblad verskyn. Baie dankie vir jul ondersteuning!” het sy destyds op haar Facebook-blad geskryf.

Enigiemand kan artikels aan dié webtuiste stuur, maar net ’n handjievol word gekies om op hul tuisblad te verskyn.

FOTO: Facebook  ThePixelchik

FOTO Facebook ThePixelchik

Robyn verduidelik op dié gewilde webtuiste dat ons land se kleurryke milieu haar kunswerke ïnspireer: “Ek woon in Suid-Afrika en een van die tale wat die meeste gepraat word (uit die 11 amptelike tale) is Afrikaans. Dit is ’n wonderlike taal met interessante woorde … Hier is ’n paar Afrikaanse woorde wat iets heeltemal anders beteken as dit direk vertaal word.”

Hier is nóg van haar sketse

Bron: Bored Panda

Só beeld Johannesburgse kunstenaar Robyn O Afrikaans uit. 

Hou jy van Afrikaans? Besoek Afrikaans.com vir alles oor Afrikaans!

Afrikaans.com aanlyn banier