FOTO Designed by Freepik

FOTO Designed by Freepik

Hoe klink jóú Afrikaans?

Toets jou taalkennis met die gewilde SARIE-taaltoets

Die SARIE-taaltoets het vinnig een van ons gewildste artikels op SARIE.com geword. Hier is nóg een, maar moenie bekommer nie: dié taaltoets in samewerking met Afrikaans.com gaan jou nie met eksamen-angs laat nie.

Voltooi die vinnige vraelys, deel jou resultaat met jou vriende en daag hulle ook uit om deel te neem!

Wie dra die taalkroon in jou vriendekring?

Vraag van
Huidige telling:

Angelina Jolie word geprys vir haar ...

  • sosiale werk
  • maatskaplike werk

Angelina Jolie word geprys vir haar ...

Jou antwoord:

Regte antwoord:

"Maatskaplik" het te doen met kwessies (dikwels probleme) in die samelewing, en "sosiaal" met geleenthede en omgang tussen mense buite die werk en gesin. "Social work/er" is daarom "Maatskaplike werk/er".

Kies die regte woord

  • Die gewelddadige aanval getuig van sinlose wreedheid.
  • Die gewelddadige aanval getuig van sinnelose wreedheid.

Kies die regte woord

Jou antwoord:

Regte antwoord:

Dit lyk of die mens wat die daad gepleeg het, sy verstand kwyt is. Wreedheid is sinneloos en nie sinloos nie, want lg. kan impliseer dat daar ook iets soos sinvolle wreedheid is.

Kies die regte woord

  • Die konsultant van die beleggingsmaatskappy adviseer jou oor geldsake.
  • Die konsultant van die beleggingsmaatskappy adviseur jou oor geldsake.

Kies die regte woord

Jou antwoord:

Regte antwoord:

Die werkwoord is adviseer. Die mens wat die raad gee, is die adviseur.

Groot en belangrike rugbywedstryde word …… op TV uitgesaai.

  • lewend
  • lewendig
  • regstreeks

Groot en belangrike rugbywedstryde word …… op TV uitgesaai.

Jou antwoord:

Regte antwoord:

Kies die regte skrywyse

  • ’n Borskwaal is by Jan gediagnoseer.
  • Jan is met ’n borskwaal gediagnoseer.

Kies die regte skrywyse

Jou antwoord:

Regte antwoord:

Jou punt

Jou Afrikaans is “lekker”, maar jou Afrikaans-onnie gaan dalk nie so dink nie. Maar onthou, Afrikaans is kleurryk, Afrikaans het ritme, Afrikaans het seggenskap en Afrikaans het nut! Afrikaans is uniek en Afrikaans is universeel. Afrikaans is ... oppibôl! Besoek afrikaans.com vir alles Afrikaans.
Beantwoord weer die vrae

Jou punt

Jou Afrikaanse taalkennis is uitstekend, jou Afrikaans-onnie sal trots wees. Onthou, Afrikaans is kleurryk, Afrikaans het ritme, Afrikaans het seggenskap en Afrikaans het nut! Afrikaans is uniek en Afrikaans is universeel. Afrikaans is ... oppibôl! Besoek afrikaans.com vir alles Afrikaans.
Beantwoord weer die vrae

Doen ook die eerste toets HIERdie tweede een HIER en die derde een HIER.

Toets jou kennis verder op Afrikaans.com se trivia-blad – klik HIERAfrikaans.com aanlyn banier