mood woorde
Hoe klink jóú Afrikaans?

Toets jou taalvaardighede met ons taaltoets!

Fyn trap vir taaltameletjies! Hoe goed ken jy jou Afrikaans? Doen SARIE se taaltoets en vind uit!

Deel die toets met jou vriende op sosiale media en daag hulle uit om ook deel te neem. Wie dra die taalkroon in jou vriendekring?

Vraag van
Huidige telling:

Kies die korrekte spelling

  • Interesant
  • Interressant
  • Interessant

Kies die korrekte spelling

Jou antwoord:

Regte antwoord:

Interessant het een “r” en twee “s’e”. Onthou dit só: Dis die vrou met een rok (r) en twee skoene (s) ...

Skitter Charlize op die rooitapyt of die rooi tapyt? Kies die regte opsie

  • Charlize Theron het geskitter op die rooi tapyt in haar rooitapytrok
  • Charlize Theron het geskitter op die rooitapyt in haar rooitapyt-rok
  • Charlize Theron het geskitter op die rooitapyt in haar rooitapyt rok

Skitter Charlize op die rooitapyt of die rooi tapyt? Kies die regte opsie

Jou antwoord:

Regte antwoord:

Die tapyt is rooi, daarom is dit twee woorde: rooi tapyt. Maar rooitapytrok is een woord. Wanneer ’n woordgroep bestaan uit ’n byvoeglike naamwoord (of telwoord) en selfstandige naamwoord wat in ’n samestelling as bepaler by ’n volgende selfstandige naamwoord optree, word al drie elemente vas geskryf. Ons noem dit ’n samestellende samestelling, daarom dan rooitapytrok. As ’n mens verkeerdelik ’n spasie invoeg, kan die woord ’n heel ander betekenis kry. So sal ’n rooi tapytrok dui op ’n rok wat van rooi tapyte gemaak is, en dis mos nie waaroor dit hier gaan nie.

Watter woord word erken in die AWS?

  • Nogals
  • Huidiglik
  • Frille
  • Japanse

Watter woord word erken in die AWS?

Jou antwoord:

Regte antwoord:

Die woorde “nogals”, “huidiglik” of “frille” word nie erken nie. Gebruik eerder “nogal”, “tans” of “nou” eerder as “huidiglik”, en “valle” is die korrekte vertaling van frills. “Japanse” is die byvoeglike naamwoord van Japan, bv. Japanse roos.

Watter een is korrek?

  • Herman se sjokoladekoek is ’n moet vir elke suikertand!
  • Herman se sjokoladekoek is ’n moet vir elke soettand!

Watter een is korrek?

Jou antwoord:

Regte antwoord:

Suikertand is die korrekte woord om te verwys na iemand wat lief is vir soetgoed. Soettand is anglisisties en ’n direkte vertaling van sweet tooth. (En geen suikertand of sweet tooth kan nee sê vir Herman se sjokoladekoek nie!)

Elizma Theron het haar tweede baba verwelkom!

  • Het sy die lewe geskenk aan NJ?
  • Het sy geboorte geskenk aan NJ?

Elizma Theron het haar tweede baba verwelkom!

Jou antwoord:

Regte antwoord:

’n Vrou skenk die lewe aan ’n baba (of kry ’n baba/kind of bring ’n baba in die wêreld) - nie skenk geboorte aan ’n baba nie.

Oprah het 13 kg afgeskud! Dink jy sy gaan weer die gewig ...?

  • optel
  • aansit

Oprah het 13 kg afgeskud! Dink jy sy gaan weer die gewig ...?

Jou antwoord:

Regte antwoord:

Jy tel nie gewig op nie tensy jy in die gimnasium gewigte optel - wat hopelik sal keer dat jy nie gewig aansit nie!

Hoe dankbaar is jy?

  • Ek waardeer al die boodskappe op my verjaardag
  • Ek waardeur al die boodskappe op my verjaardag
  • Ek wardeer al die boodskappe op my verjaardag

Hoe dankbaar is jy?

Jou antwoord:

Regte antwoord:

Waardeer is hier die korrekte opsie. Dit beteken om iets op prys te stel. Waardeur is ’n verhoudingswoord (die gat waardeur die jakkals kruip, die venster waardeur sy kyk).

Hoe vertaal jy ’n live broadcast?

  • ’n Lewende uitsending
  • ’n Lewendige uitsending
  • ’n Regstreekse uitsending

Hoe vertaal jy ’n live broadcast?

Jou antwoord:

Regte antwoord:

Die regte vertaling is ’n “regstreekse uitsending”. Jy kan sê dis ’n lewendige optrede as dit lively of energiek was.

Wat is die regte woord? Sin of s’n?

  • Die mening in Kaalkop is Nataniël s’n
  • Die mening in Kaalkop is Nataniël sin

Wat is die regte woord? Sin of s’n?

Jou antwoord:

Regte antwoord:

S’n is ’n besitlike voornaamwoord - dit is iets behorend aan iemand of iets, bv. Die rok op die voorblad is Donnalee s’n.

Jou punt

Jou Afrikaans is “lekker”, maar jou Afrikaans-onnie gaan dalk nie so dink nie. Maar onthou, Afrikaans is kleurryk, Afrikaans het ritme, Afrikaans het seggenskap en Afrikaans het nut! Afrikaans is uniek en Afrikaans is universeel. Afrikaans is ... oppibôl! Besoek afrikaans.com vir alles Afrikaans.
Beantwoord weer die vrae

Jou punt

Jou Afrikaanse taalkennis is uitstekend, jou Afrikaans-onnie sal trots wees. Onthou, Afrikaans is kleurryk, Afrikaans het ritme, Afrikaans het seggenskap en Afrikaans het nut! Afrikaans is uniek en Afrikaans is universeel. Afrikaans is ... oppibôl! Besoek afrikaans.com vir alles Afrikaans.
Beantwoord weer die vrae

Toets jou kennis verder op Afrikaans.com se trivia-blad – klik HIER.

Besoek afrikaans.com en wys hoe lyk jóú Afrikaans en jy kan groot pryse wen!