FOTO: Tim Robberts / Getty Images / Gallo Images

FOTO: Tim Robberts / Getty Images / Gallo Images

Hoe klink jóú Afrikaans?

Toets wéér jou taalvaardighede met ons taaltoets!

Julle het ons eerste taaltoets só geniet dat ons besluit het om nóg een op te stel. Ons toets jou Afrikaans en jy daag jou vriende op sosiale media uit om ook deel te neem!

Wie dra die taalkroon in jou vriendekring?

Vraag van
Huidige telling:

Brei jy uit of wei jy uit oor die onderwerp?

  • Uitwei
  • Uitbrei

Brei jy uit of wei jy uit oor die onderwerp?

Jou antwoord:

Regte antwoord:

Jy wei oor iets uit wanneer jy meer besonderhede gee, maar die stad brei uit.

Watter een is korrek?

  • Jy moet meer buigbaar raak in jou optrede.
  • Jy moet meer buigsaam raak in jou optrede.

Watter een is korrek?

Jou antwoord:

Regte antwoord:

’n Draad is buigbaar as dit gebuig kan word (m.a.w. ’n fisieke handeling) en ’n mens se ingesteldheid is buigsaam (jy kan dit nie in jou hande vat en soos die draad buig nie).

Kies die korrekte spelling

  • Galery
  • Gallery

Kies die korrekte spelling

Jou antwoord:

Regte antwoord:

Galery word met een “l” geskryf in Afrikaans, teenoor gallery in Engels.

Ek kan nie wag dat die boek … word.

  • Vrygestel
  • Uitgereik

Ek kan nie wag dat die boek … word.

Jou antwoord:

Regte antwoord:

’n CD of boek word uitgereik of bekend gestel, nie vrygestel nie. Vrygestel beteken bevry.

Watter een is korrek?

  • Die Australiaanse regering het sy burgers gewaarsku teen weghol-brande.
  • Die Australiese regering het sy burgers gewaarsku teen weghol-brande.

Watter een is korrek?

Jou antwoord:

Regte antwoord:

Daar bestaan nie ’n woord soos Australiaanse nie, ten spyte van wat party rugby-kommentators ons wil laat glo. Dis Australiese.

Bokke kies weer die sondebokke vir die volgende toets. Word die woord sondebokke hier reg gebruik?

  • Ja
  • Nee

Bokke kies weer die sondebokke vir die volgende toets. Word die woord sondebokke hier reg gebruik?

Jou antwoord:

Regte antwoord:

Die werklike skuldige is die sondaar, en die een op wie die skuld verkeerdelik gepak word en dus onskuldig is, is die sondebok.

Gee die liedjie jou hoendervel of hoendervleis?

  • Hoendervel
  • Hoendervleis

Gee die liedjie jou hoendervel of hoendervleis?

Jou antwoord:

Regte antwoord:

Dit gee jou hoendervel. Volgens die Verklarende Afrikaanse Woordeboek word die uitdrukking gebruik wanneer ’n mens se vel deur koue, vrees of hartstog soos ’n geplukte hoender s’n word. Hoewel party woordeboeke wel al hoendervleis erken.

Jou punt

Jou Afrikaans is “lekker”, maar jou Afrikaans-onnie gaan dalk nie so dink nie. Maar onthou, Afrikaans is kleurryk, Afrikaans het ritme, Afrikaans het seggenskap en Afrikaans het nut! Afrikaans is uniek en Afrikaans is universeel. Afrikaans is ... oppibôl! Besoek afrikaans.com vir alles Afrikaans.
Beantwoord weer die vrae

Jou punt

Jou Afrikaanse taalkennis is uitstekend, jou Afrikaans-onnie sal trots wees. Onthou, Afrikaans is kleurryk, Afrikaans het ritme, Afrikaans het seggenskap en Afrikaans het nut! Afrikaans is uniek en Afrikaans is universeel. Afrikaans is ... oppibôl! Besoek afrikaans.com vir alles Afrikaans.
Beantwoord weer die vrae

Doen die eerste toets HIER

photo-1427104227401-94b390b378b0

FOTO Unsplash / Anna Demianenko

Toets jou kennis verder op Afrikaans.com se trivia-blad – klik HIER.

Besoek afrikaans.com en wys hoe lyk jóú Afrikaans en jy kan tot R10 000 WEN!

banier ad 600x300 -72dpi