20160301_1Maart
Inspirasie

Begin Maart met dié SARIE-agtergrond

’n Nuwe maand het begin! En dit beteken dis tyd om jou slimfoon se skerm-agtergrond te verander. SARIE het spesiaal vir Maart ’n paar kunswerke ontwerp wat jy vir jou agtergrond kan gebruik.

Kyk net die oulike haasore!

20160301_1Maart

2016_MaartSmartphoneWallpaper960x640

As jy hierdie op jou slimfoon lees, kliek op die prentjie wat jy graag as agtergrond wil hê. Jou slimfoon sal die opsie gee om die prentjie te stoor. Stoor die prentjie.

Só verander jy die agtergrond op jou Android-slimfoon:

1) Op jou slimfoon, kliek op die “menu”-opsie en kies of die “wallpaper”-opsie of gaan na jou galery.

2) Kry die prentjie wat jy wil gebruik en kliek daarop.

3) Daar sal ‘n boks verskyn wat jou die opsie gaan gee of jy die hele prent of net ‘n gedeelte wil laat verskyn. Maak jou keuse.

4) Onder, links, kan jy die grootte van die prent goedkeur: wag vir ’n sekonde terwyl jou agtergrond verander.

5) Jy sal ’n erkenning ontvang dat jou agtergrond verander is. Gaan na jou tuisskerm en siedaar – jy het ’n nuwe SARIE-agtergrond!

Só verander jy die agtergrond op jou IOS-slimfoon (Apple):

1) Gaan na jou “settings”-opsie.

2) Soos jy met jou duim boontoe beweeg, sal ’n “wallpaper”-opsie verskyn. Kliek op dié opsie.

3) Jou huidige tuisskerm en geslote skerm gaan wys. Bo die twee prente is ’n opsie “Choose a New Wallpaper”. Kliek daarop.

4) Kliek op jou “Camera Roll”-opsie. Soek jou prentjie, kliek op die prentjie en “set” dit.

5) Jy het ’n keuse om dit óf jou tuisskerm óf geslote skerm te maak, óf albei. Siedaar – jy het ’n nuwe SARIE-agtergrond.

SARIE het ook spesiaal ’n agtergrond vir jou rekenaarskerm gemaak. Kyk net daai vakansiedae in swart gemerk! 

Laai dit 2016_MaartDesktopHIER af. 

 

ALLE ONTWERPE: Maresa Pretorius

Gelukkige Maart!

Lees nou