3 Stappe na orde
Foto’s: Phyllis Green Galery
Jou goeie voornemens is skaars koud, maar die gemors (clutter) begin weer ophoop. Probeer dié wenke om dinge te orden –enmaak terselfdertyd jou kop skoon, sê produktiwiteitskenner
Tracey Foulkes.
1. Stel so min moontlik uit. Stel ’n wekker om af te gaan oor 10 minute en begin jou taak. As jy steeds energiek voel wanneer die wekker lui, hou aan. Voel jy flou? Stel die wekker môre weer vir 10 minute en die dag daarna totdat jou taak voltooi is.
2. Moenie neersit nie,sit weg. Kry ’n plek vir elke item. Dan is die wegsit (en die kry) maklik. Raak ontslae van goed wat jy nie meer gebruik, nodig het of van hou nie.
3. Maak een lysie. Beskou jou brein as ’n rekenaar: As jy dit oorlaai, gaan dit stadiger word, en jy gaan vergeet. Skryf elke dag jou uitstaande take/idees op een plek neer. Fokus eers op dit wat bydra tot jou doelwitte (vir werk/lewe/finansies).
*Besoek www.getorganised.co.za, stuur e-pos na tracey@getorganised.co.za of skakel 084 507 6891.
Verwante artikels
-
Jou geld: Beplan vir jou kind se universiteitsopleiding
SARIE - Junie 2010
Só lyk die feite!
-
‘Ek ontmoet my pa se moordenares’
SARIE - Augustus 2009 | Kommentaar: 2
Uit ’n tragedie het Jennifer Chatburn van Melkbosstrand se grootste geluk gekom. Haar storie is een van ou liefde wat nie roes nie, ’n jare lange worsteling met emosies en oorwinning nadat sy haar pa se kruisboog-moordenares ontmoet het.














Kommentaar