FOTO: Phyllis Green

Dit laat jou dink

5 maniere om dadelik gelukkiger te raak – wetenskaplik bewys!

Ons wens soms daar is ’n knoppie wat ons kan druk om dadelik beter te voel. Wel, volgens Huffington Post is daar 5 sulke knoppies. Hier is 5 maklike maniere wat wetenskaplik bewys is om jou dadelik in ’n beter bui te plaas.

Lees die volledige artikel van Huffington Post hier.

Beweeg rond

Breedvoerige navorsing bewys dat die manier hoe ons dink en voel sterk beïnvloed word deur ons liggaamstaal. In ’n studie deur die Harvard-navorser Amy Cuddy is bevind dit neem net twee minute van kragposisies (power poses) om jou wakker, vrolik en vol selfvetroue te maak.

’n Kragposisie het baie te doen met jou lyftaal. Strek jou arms weerskante toe uit, maak jou bors oop en lig jou ken op. Jy hoef nie eens te begin sweet nie. Deur jouself eenvoudig meer oop te maak vir die wêreld, verander jy reeds jou brein se chemiese samestelling.

Oefen om meer dankbaar te wees

Waarop fokus jy wanneer jy hartseer of terneergedruk voel? Tien teen een op die verhoging wat jy nie gekry het nie, die hoeveelheid werk wat jy nog moet doen of daardie mens wat ongeskik was – al die dinge wat nie is soos jy dit graag sal wil hê nie.

Wat van al die goeie dinge in jou lewe? Neem ’n oomblik en dink aan 5 dinge waaroor jy wel gelukkig is.

Vertel iemand vir wie jy lief is hoe jy voel

Ons voel maklik asof mense vriendeliker met ons moet wees wanneer ons nie lekker voel nie. Maar die teenoorgestelde is ook waar: óns moet vriendeliker met ánder wees.

’n Professor in die sielkunde het bevind nadat sy studente elkeen ’n briefie  geskryf het aan iemand wat hulle waardeer, elkeen van hulle ná die tyd gelukkiger was. En die studente het nie eens die brief afgelewer nie. Deur bloot die versteekte gevoelens te openbaar (al is dit net vir jouself), sal jy ook dié gevoel ervaar.

Neem 30 sekondes en sê vir iemand wat hy of sy vir jou beteken. Dit sal ook jou dag beter maak.

Klik hier vir die laaste twee maniere om dadelik gelukkiger te wees.

Oefen sonder moeite in 6 stappe

Jy weet dat oefening jou gelukkiger sal maak, maar om weer te begin oefen is makliker gesê as gedaan. Hier is hoe.

Stap 1

Besef beweging en oefening is belangrik vir jou toekoms en erken jou leefstyl is ongesond.

Stap 2

Kry mense wat jou kan ondersteun. Bou ’n emosionele verhouding met oefening deur ’n oefen-vriendin te hê. Sluit by ’n oefengroep aan (soos Run/Walk for Life).

Stap 3

Beweeg meer deur die dag

  • Meet jouself met oefen-instrumente (soos ’n treëmeter of hartmonitor). Meting vorm ’n hoeksteen in die proses om jou gewoontes te verander. Peter Drucker, bekende Amerikaanse bestuurskonsultant, sê jy kan nie verander wat jy nie meet nie.
  • Eenvoudige pret-aktiwiteite kan ’n verbasende impak op oefening hê. Onthou die hoelahoepel van die jare sestig? Hope pret, en goeie oefening vir jou middel.
  • Maak vriende met mense wat reeds oefen.

Stap 4

Die belangrikste deel van ’n nuwe leefstyl is om iets te verander, groot of klein.

Stap 5

Vier oorwinnings, vertel jou vriende.

Stap 6

Hou aan nuwe doelwitte stel.

Dié inligting kom uit die artikel “Oefen sonder moeite” deur Lydia van der Merwe in SARIE, Februarie 2014.

Bekendes oor gelukkig-wees