phyllis_191_
Dit laat jou dink

99 Dinge…

Al jou lewenslysie gemaak? Die Amerikaanse tydskrif Men’s Journal wy ’n hele artikel aan dié lys der lyste: 99 dinge om te doen voor jy doodgaan.

1. Hier’s hoe, in ’n neutedop Sit ’n paar uur opsy om te dink. Pen elke opsie neer, moenie jouself sensor nie, al lyk dit hoe laf/onbereikbaar/klein/groot.
2. Verdeel in kategorieë wat pas by jou belangstellings: prestasies, liefdadigheid, avontuur . . .
3. Snoei, herdink, verfyn, herskryf. Jy’t nou ’n kontrak met jouself gesluit.
4. As dit in die laai bly lê, loop jy dalk ’n lewensveranderende ervaring mis.