srstockandre1
Dit laat jou dink

André le Roux oor haar alewige om-te-doen-lysies

“‘n Hedendaagse inkopielys het ’n tweeling, ’n maat. En dis wat mans nie verstaan nie . . . daardie alombekende om-te-doen-lysie.

Hier’s die ding wat jy ná tien jaar van lysies agtergekom het: Die om-te-doen-lysie is eintlik ’n uitstel-lysie.

Dis goed wat gedoen moet word, ja, maar sê net nie wanneer nie. As dit dringend was, sou sy dit nie op die lysie gesit het nie, sy sou dit net gedoen het, dan nie? En soms vat dit haar langer om iets op die lysie te sit as wat dit haar sou gevat het om dit net te doen. Maar noudat dit op die lysie is, kan dit mos maar wag . . . Waarom iets vandag doen as jy dit môre kan doen?

Uitgestel, dis wat.” – uit sy Op die Vrou Af-rubriek in die Oktober-uitgawe.

* Is jy ook altyd aan die lysie-opstel?