Dit laat jou dink

Anthony Mbewu oor SA se eerste moontlike HIV-entstof

“Dit het die Verenigde State sowat 10 jaar geneem om die Apollo 11-maanlanding suksesvol uit te voer. Neem nou in ag dat hulle die rykste nasie op aarde is, en op tegnologiese front die mees gevorderd. Dit sal die wêreldwye entstof-bedryf baie langer as 10 jaar neem, en biljoene dollars uit die sak jaag, om ‘n suksesvolle entstof teen MIV te ontwikkel.” Anthony Mbewu, voorsitter van die MNR (Mediese Navorsingsraad) in SA, ná die eerste plaaslik-ontwikkelde entstof teen MIV in Boston op 12 mense getoets is.