Dit laat jou dink

As ek aan hom dink, kramp my hart van opwinding

Yvonne van den Bergh sê wat sy al alles geleer het in haar huwelik met Jacques du Preez:

Wees meer verdraagsaam teenoor ander. Dis die mooi voorbeeld wat Jacques stel.

Ek is vir die eerste keer nie bang om soms die minste te wees en eerste jammer te sê nie.

Ek het ’n baie dominerende en mededingende persoonlikheid wat meer gematig is sedert ons saam is.

Ek het altyd gedink ek is nogal onselfsugtig – maar Jacques is die onselfsugtigste mens wat ek ken; hy sal enigiets vir sy vriende doen, en dan praat ek nie eers van my kinders nie!