"As ek mismoedig is wil ek net eet"
"Ek weet ek moenie my troos in kos soek nie, maar as ek terneergedruk voel of ontsteld is, gryp ek dadelik na iets soets. Ek proe skaars wat ek eet, maar as ek weer sien, is 'n hele boks koekies daarmee heen! Ek raak ál vetter en voel ek het nie meer beheer oor my gewig of emosies nie. Wat moet ek doen?" - SARIE-leser.
Kenner Dr. Marjanne Senekal (hoof: afdeling menslike voeding, fakulteit gesondheidswetenskappe aan die Universiteit van Kaapstad en skrywer van Love My Body Love Myself)
1. Moenie kosse koop waaraan jy jou vergryp nie. (As jy dit vir jou gesin koop, bêre dit diep weg. Dit moet moeite wees om dit uit te haal.)
2. As jy 'n koekie neem, pak die pakkie eers diep weg voor jy die koekie eet. Herhaal die proses vir elke nuwe koekie. Dit gee jou kans om te dink oor wat jy doen en om te besluit om dalk iets anders te doen.
3. Verplig jouself om "vergrypkosse" met 'n mes en vurk uit 'n bord te eet. Selfs koekies en sjokolade. Jy lag dalk vir jouself, wat die situasie kan ontlont.
4. Maak reëls, soos: Jy moet eers om die huis loop voor jy iets eet. Dit gee jou dink-kans oor hoekom jy régtig wil eet.
5. Koop gesonde versnaperings soos vetvrye jogurt vir daardie eetgiere.
6. As jy 'n eetbui voel aankom, doen iets anders om dit te vermy. Maak vooraf 'n lys moontlikhede en plak dit waar jou oog maklik daarop sal val. Luister musiek, stap, bel 'n vriendin of visualiseer 'n situasie uit die verlede wat jou baie goed laat voel het.
Verwante artikels
-
'n Dieet vir hom én jou
SARIE - Julie 2009 | Kommentaar: 3
Met dié dieet kan julle albei 4 kg in die eerste maand afskud.
-
Bertha se 10 dieetreëls vir élke dag
SARIE - September 2009 | Kommentaar: 15
Sy't al 'n volle 18 kg verloor! In die September-uitgawe het SARIE haar modewenke gegee vir haar nuwe lyf. Nou deel sy haar 10 eetreëls vir élke dag eksklusief met sarie.com-gebruikers
-
Julle oor dieetpille en -aanvullings
SARIE - Februarie 2010
-
Sowaar, winter is dié tyd vir dieet! Verloor tot 2,5 kg in 10 dae
SARIE - Augustus 2008 | Kommentaar: 1
Jy smag na warm trooskos - en dié dieet gee dit vir jou. Die winter is juis die tyd om jou lyf viets te kry, want dan is jou metabolisme 'n rapsie vinniger.
-
Voorkom depressie met 'n gesonde dieet
SARIE - Februarie 2010
Depressie is een van die top-5 toestande waarmee Suid-Afrikaners gediagnoseer word. 'n Onbeheerbare behoefte aan veral soet- en styselkos is dikwels 'n simptoom: soos sjokolade, tjips, koek en ander 'kitskosse'.
















Kommentaar