FOTO: verskaf

Dit laat jou dink

As jy soos ‘n ‘outsider’ voel

“Ek het al gewonder waarom ek is soos ek is. Maar dis deel van jou reis. Jy kry in die begin daai kaartjie en jy moet met hom ry. Ek hét in ’n stadium daaroor gewroeg. Jy voel jy’s ’n outsider, jy voel dit. Jy weet jy’s nie hierdie selfgeldende man nie, dat jy nie kan dans nie, nie goed kan pool speel nie. Dan dink jy, jissie, jy’s da’m ’n square peg in a round hole.

Maar toe, eendag in die laat tagtigs, het ek op ’n boek afgekom genaamd The Outsider van Colin Wilson. Ek het in ’n buitekamer in Pretoria gebly en ek was besig om die boek te lees. Ek onthou daai presiese oomblik, hoe ek skielik net gevoel het sjoe, ek’s oukei, ek’s orraait.

  • Renee

    Dana jy is ‘n ster!!! Ek het destyds saam met jou by Beeld gewerk en ons het hope pret gehad met die action cricket ens. So bly jy het ‘n nish in die Afrikaanse letterkunde kom volmaak met jou lieflike hartstories.

  • Christine

    Dana, Ek geniet jou boeke. Ek en my man lief dit om te toer, voorheen saam met die kinders en nou op ons eie en dis so wonderlik om jou boeke te lees van plekke wat ek al by was of om by plekke te kom wat jy van praat in jou stories. ‘n Mens kyk met ‘n heel ander oog na daardie plekke of ek leef my so in jou boeke in want ek ervaar dit in my gedagtes omdat ek van daardie plekke ken. Hou so aan!