Dit laat jou dink

As ‘n kind sterf…

“Ek weet nie of wat ons doen reg of verkeerd is nie. Elkeen hanteer rou maar op sy eie manier. Ons praat baie oor hoe ons kinders was. Hulle is orals. Jy dink die hele tyd: Boeta of Kirsten sou nou dit gedoen het. Ek weet nie hoe verwerk ’n mens jou kinders se dood nie. Ek sukkel. Jy kán dit nie verwerk nie, net hanteer.” – Patrys van der Merwe oor haar 2 kinders wat in ‘n fratsongeluk gesterf het.

Lees die volle artikel hier.

  • Lauzanne Kruger

    As n kind sterf

    My hart het so gebrand, so seer vir die van der merwes!! Ag genade mens vra dadelik hoe kan mens so iets verwerk? Maar onse Vader sal niks oor ons pad bring wat ons nie kan hanteer nie!!! Ek het ses kinders en elkeen is meer spesiaal as die ander een! Patrys en Hendrik ek, ons bid vir julle! Sterkte en mag die Here julle elke dag dra en vertroos!
    Lauzanne Pta

  • Hannelie van Wyk

    Ek voel saam met julle, my seun is 6 en ‘n half jaar gelede in ‘n motorongeluk oorlede. Om dubbel die seer te verwerk is seker nog moeiliker. Ek het net geleer om daarmee saam te leef, nie om "daaroor" te kom soos baie mense glo nie. Klein treetjies, een dag op ‘n slag… Die seer raak tog sagter, maar dit gaan nooit weg nie. Mag die Here julle saggies toevou in Sy liefde en genade