Dit laat jou dink

Behou kliënte so

Dit maak nie saak watter werk jy doen nie, kliënte sal jy hê. 101 Quick Tips – Create a Great Customer
Experience deur Debbie Mayo-Smith en dr. Ian Brooks (Penguin, 2008) is ’n praktiese moet-hê-gids wat
steeds relevant is. Dit leer jou hoe om diens te lewer wat jou bo die kompetisie sal laat uitstaan, ook hoe om kliënte te kry én hulle te behou. R95,05 by kalahari.com