FOTO: Twitter @FLOTUS

Dit laat jou dink

Bekendes raak deel van #BringBackOurGirls PLUS soveel kinders in SA vermis

Die ontvoer-hel van die 276 skoolmeisies wat op 14 April in Nigerië ontvoer is, is nog nie verby nie. Die veldtog om hulle te red, #BringBackOurGirls, neem sosiale media op horings. Ons kyk na die bekendes wat dié veldtog steun én na kinders wat in Suid-Afrika vermis word …

Dit is al byna ’n maand sedert die Islamitiese militantegroep Boko Haram 276 meisies uit hul skool in Chibok, Nigerië, ontvoer het. Volgens CNN het bekommerde vriende en families die staat begin blameer dat daar nie genoeg gedoen word om die dogters op te spoor nie. Die veldtog #BringBackOurGirls het gevolglik internasionaal vlamgevat op sosiale netwerke.

#BringBackOurGirls het in Nigerië begin, met treffende foto’s van mense wat ’n eenvoudige papier vashou waarop Bring Back Our Girls geskryf staan. Kort daarna het mense van reg oor die wêreld begin deelneem. Van die bekendes wat die veldtog steun, is Michelle Obama, die gewilde supermodel Cara Delevingne en die sangeres Alicia Keys.

FOTO: Twitter  @FLOTUS

FOTO: Twitter @FLOTUS

FOTO: Instagram  @caradelevingne

FOTO: Instagram @caradelevingne

FOTO: Instagram  @aliciakeys

FOTO: Instagram @aliciakeys

Nuwe video

Boko Haram het op 12 Mei ’n video bekend gestel van ’n groep van sowat 130 meisies. Dié video is gebruik om van die meisies te identifiseer. Na bewering is daar ook meisies op die video wat nie deel van die 276 skoolmeisies is nie.

The Guardian het die meisies se gesigte uitgeblok om hul identiteit te beskerm.



In ’n verlengde weergawe van die video sê die groep se leier, Abubakar Shekau, dat die meisies nou almal bekeerde Moslems is en dat hy hulle net sal bevry as al die Boko Haram-lede wat in die gevangenis is, bevry word.

Ons eie vermiste kinders

Hoewel nie op so ’n groot skaal nie, is vermiste kinders in SA ’n reuse-probleem. Hier verdwyn daar daagliks elke 6 uur ’n kind, volgens die syfers wat Missing Children South Africa bekend gemaak het vir die tydperk tussen 1 Desember 2012 en 30 November 2013. Die goeie nuus is dat 87% van hierdie kinders weer binne die eerste week gevind word.

Ontvoerings is taamlik skaars in ons land. Slegs 8% van die vermiste gevalle is as gevolg hiervan. Die meeste gevalle van kinderverdwying in Suid-Afrika is kinders wat sélf van die huis af wegloop. Dit kan wees as gevolg van mishandeling, konflik of rebelsheid.

Nóg ’n groot oorsaak is dat kinders bloot wegraak. Dié kinders word gewoonlik op hul eie iewers gevind waar hulle verlore en sonder hul ouers ronddwaal. In baie gevalle is die kind alleen winkel toe gestuur en het toe op pad terug huis toe verdwaal.

Wat om te doen as jy kind vermis raak – lees hier

Wat dink jy van die #BringBackOurGirls-veldtog? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad.