FOTO: Neville Lockhart

FOTO: Neville Lockhart

Dit laat jou dink

Bekroonde joernalis met bipolêre gemoedstoornis oor hoop

“Ek het tien jaar gelede al besef ek moet elke dag, vir die res van my lewe, voorskrifmedikasie drink. Dis nie onderhandelbaar nie. Dit word ’n ritueel, soggens en saans. Uitstekende medikasie, ’n briljante sielkundige en ’n bekwame psigiater is die kern-beleggings in die beheer van my gemoed. Die monster is nie meer alles nie. Sy gaan saam, ja. Maar sy bepaal nie meer waarheen ek gaan nie.My lewensdoel is om (as pasiënt) uit psigiatriese sale te bly. My laaste hipomaniese episode was in 2004. Ek weet dat die lewe wéér swaar sal wees. Maar ek sal kan drink uit die bron van water diep binne my. Ek was al in bitter diep, donker gate en het uitgekom. Ek kan dit weer doen.” – Elsabé Brits, bekroonde joernalis wie tien jaar gelede met bipolêre gemoedstoornis gediagnoseer is. Vandag weet sy hoe om daardie monster te tem. Haar boek Kyk my in die oë is pas bekendgestel.

  • Beatrix

    Jy het die regte resep en ek is saam met jou bly vir die krag wat depressie (en die daaruitkom) in mens self openbaar. As jy deur so ‘n episode is weet jy daar is NIKS wat jy nie kan doen nie.

  • Estelle

    Ek sal baie graag met Elsabe wil kontak maak, ek is self bipoler en is besig om haar boek te lees.