phyllis_191_
Dit laat jou dink

Beplan nou só vir jou toekoms

  • As jy kan, verhoog jou bydrae tot jou pensioenfonds of annuïteite en spaar maandeliks meer soos wat jou loopbaan vorder.
  • As jy van werk verander, belê die aftree-uitbetaling eerder as om dit uit te gee.
  • Moenie van die spaargeld gebruik wat jy vir later gebêre het nie.
  • Heroorweeg van tyd tot tyd jou beleggings vir ’n hoër opbrengs. Dit beteken berekende risiko’s.
  • Maak jou reg om langer te werk, selfs tot op 67. ’n Deeltydse werk is ook ’n goeie opsie ná aftrede.
  • Onthou ook, die jonger een in jul verhouding kan aanhou werk wanneer die ander een aftree.