Dit laat jou dink

Coenie de Villiers se Damaskuservaring

“Daar is niks wat jou perspektief so herstel soos om sop uit te deel aan mense wat so arm is dat hulle plastieksakke dra nie. Die Metro Evangeliese Sorg (MES) het my lewe verander. Hier het ek mense sonder ego ontmoet, wat doen wat ek glo van ons verwag word: Hulle vra nie jou kleur/kerkverband/mediese fonds nie . . .

Hulle tel hawelose mense uit die strate van sentraal-Johannesburg op, was en voed hulle, gee hulle huisvesting en bemagtig hulle om hul plek weer vol te staan. Dit was ‘n Damaskuservaring om dit te sien.” – Coenie de Villiers, beskermheer van Mes (www.mes.org.za)

  • Coenie jy is ‘n inspirasie op elke veld waar jou voete trap. Dankie vir hierdie getuienis.