Dit laat jou dink

Daar is lewe na ‘n egskeiding – leser vertel

“Om sonder selfvertroue te voel na ‘n egskeiding is normaal. Jy voel jy het misluk, en daar is altyd mense wat jou verkwalik of beskinder. Ek glo daaraan om nie terug te kyk nie, want ek het myself nou bevry van negatiwiteit. Daar is soveel meer in my as wat ek ooit besef het.” – Amanda Cliengen (51)

Lees in jou Oktober-SARIE meer oor 3 vroue wie die seer van ‘n egskeiding oorkom het en nou blom

  • Muriel

    Amanda se verhaal is so myne uitgeknip en watter bemoediging het haar woorde nie ook vir my gebring nie. Op 44 jaar wonder jy of jy die regte ding doen, jy dink daar is soveel wat jy nou prysgee en dink jy gewoonlik jou geluk hang af van die sekuriteit wat jy nou het en is dit vreesaanjaend om die onbekende te betree. Maar aan die einde van die dag is jou geluk nie afhanklik van aardse besittings of ander mense nie, maar kom dit net van jouself en eers as jy dit besef het kan jy die toekoms met selfvertroue betree en te weet jy het die regte besluit geneem.