Dankbaar vir die liefde
Foto’s: Phyllis Green Galery
Saans as ek gaan lê, dink ek aan al die goed wat gebeur het deur die dag of dinge wat dalk nog gaan gebeur in die toekoms.
Dinge wat bekommernis wek en slapeloosheid veroorsaak.
Maar terselfdertyd onthou ek hoe my kinders vir my gelag het vanoggend toe hul oë nog skaars oop was, hul opgewondenheid, blydskap en afwagting om te vertel van die volpuntetoets en die leer lees van nog ’n nuwe woord. My man wat al vir die soveelste keer vandag vir my gesê het hy is lief vir my.
Ons almal het lekker geëet, ’n warm bad gehad en lê tussen skoon, snoesige lakens. Al die klein, eenvoudige dinge wat soveel blydskap gee. Het ek regtig rede om bekommerd te wees oor iets? Ek het dan soveel om voor dankbaar te wees.”
Chrisna Cloete
Verwante artikels
-
Anel Alexander is diskreet oor die liefde, Bok en paaldans
SARIE - April 2007
Anel Alexander is nie nét ’n sepie-ster nie. Háár wil jy lees - weer en weer, sê Bart van 7de Laan
-
Dit het ek oor die liefde geleer
SARIE - Maart 2011
-
Om te kan liefhê
SARIE - Maart 2011
-
Vicky Davis oor die liefde, Gretha Wiid
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 3
Ons het haar leer ken in Pasella en 7de Laan, maar Vicky Davis se lewe strek van Bollywood tot Rome. En sy't sterk menings - van Gretha Wiid tot Steve!














Kommentaar
Venessa Myburgh het gesê:
Dankie Chrisna..vir die "reminder". ons is so geneig om teen ons bekommernisse vas te kyk dat ons al die klein, belangrike goedjies om ons mis. Ons is BLESSED !!! baie baie meer as baie baie ander mense daarbuite.
21ste Jan. 2011, 13:52