ys4f6881
Dit laat jou dink

Depressie – Kry die feite

  • Sowat 3 – 5% van die bevolking, ewe veel mans as vroue, ly aan bipolêre gemoedstoornis.
  • Die siekte begin gewoonlik in die vroeë volwasse stadium. Daar is geen genesing nie, maar dit kan goed met medikasie soos gemoedstabiliseerders, antidepressante en antipsigotiese middels – aangevul met psigiatriese en sielkundige hulp – beheer word.
  • Medici het mettertyd ontdek daar is verskeie (7 tot 8) variante.
  • ’n Gesonde, geroetineerde leefstyl wat oefening insluit, is noodsaaklik. Omega 3- en foliensuuraanvullings help beskerm die brein teen depressie. Alkohol maak die maniese fase veel erger. Vermy dit.
  • Besoek gerus die webwerf van die Suid-Afrikaanse Depressieen-angsgroep (SADAG) by www.sadag.org of skakel hul tolvrye hulplyn by 08 0070 8090. Besoek ook www.bipolar.co.za

*Bronne: Prof. Piet Oosthuizen, Tygerberg-Hospitaal, en die Johannesburg Bipolêre Vereniging