Dit laat jou dink

Die alleenheid kom net wéér…

“SARIE skryf soveel artikels oor beroemdes, bekendes, geskendes … maar ek wonder dikwels of jul lesers met al die pyn bekend is? Hoeveel mense kan nie slaap nie? Hoeveel mense wens nie dat hul net ’n pil kon drink nie? Net iemand kon vashou nie of ’n laaste glas alkohol skink nie? Hoeveel lesers smag tans na aanvaarding? Hoeveel mense wil net skree, dat hul inderwaarheid net alles wil opgee?

….Waarom skryf ek juis vanaand? Die woorde was al so dikwels op my tong – onbeskaamd – want ek weet nie meer hoe lank ek nog kan wakker lê en dan wel sal opstaan om iets te sê.

Aan almal wat die son kan sien, wil ek vra: “Kan jul dalk so ’n bietjie van my swart dra?” – sarie.com-gebruiker

Lees dié aangrypende skrywe deur ‘n sarie.com-gebruiker.