img_1591
Dit laat jou dink

Die boek wat ‘n groot invloed op my lewe gehad het:

Adeline Radloff, skrywer van Sidekick (Tafelberguitgewers), ‘n wenner van die Sanlamprys vir jeuglektuur (goud) in 2010

Die boek wat ‘n groot invloed op my lewe gehad het:

“Jy kon my nog altyd vang met ‘n goeie fantasieverhaal. As daar iewers ‘n moeisame tog was, ‘n held met towerkragte/’n misterieuse verlede/koninklike bloed, kon ek my skaars wegskeur.

As jong meisie het J.R.R. Tolkien se The Lord of the Rings nuwe wêrelde vir my oopgemaak en my bevry van die vervelige realiteit van skool. Die wiskundeklas was slegs draaglik vergeleke met die bose hel van Mordor,
en waarom moes ek my aan simpel seuns steur as ‘n man soos Aragorn bestaan?

Toe ek verlede jaar deur ‘n moeilike tyd is, het ek my weer tot dié boek gewend. Nog net so betowerend.