Dit laat jou dink

Die één les wat Kerishnie Naiker geleer het

Leef met liefde

“Leef ‘n betekenisvolle, opregte, doelgerigte lewe.

“Ek het grootgeword in ‘n gesin waar daar nie oor die dood gepraat is nie. My pa se skielike dood in 1994 het my geleer hoe om te leef. Die feit dat hy gesterf het toe hy so onaantasbaar gelyk het, was ‘n herinnering dat niks permanent is nie.

“Die lewe is onvoorspelbaar. Ek kon nie die drome realiseer wat ek vir óns gehad het nie, maar dit het my aangemoedig om te belê in mense deur ‘n verskil te maak in die lewens van minderbevoorregtes, deur onvoorwaardelik liefde te gee en waar moontlik by te dra tot hul gesondheid en welsyn.

“Vir my gaan die lewe oor liefde en omgee, oor werklik mens wees, oor gee, om jou hart te deel met ander en gemaklik te wees met wie jy is.

“Die lewe is te kort en waardevol om oppervlakkig te leef” – Kerishnie Naiker, motiveringspreker

Besoek Kerishnie se webtuiste by www.kerishnienaiker.com