Dit laat jou dink

Die regte klerevir ’n date

Hoe maak jy ‘n goeie indruk op ‘n afspraak? “Moenie te hard probeer nie, en dra ‘n tikkie goeie parfuum en hakke waarin jy sexy maar gemaklik voel,” sê Olivia Davidson, modestilis en klerekasbeplanner vir ‘n eksklusiewe afspraakagentskap, Kingdom of Hearts, wat onlangs in Kaapstad deur die sakevrou Kate Shuttleworth begin is. (Takke open in Januarie 2011 in Durban en Johannesburg.) Olivia, wat in Frankryk gebore is en die afgelope sewe jaar in Kaapstad
woon, het ook as klerekaskonsultant gewerk vir Franse kunsrolprente soos Cyrano de Bergerac en Nikita. Klik by www.kingdomofhearts.co.za.