Dit laat jou dink

Dit het ek oor die liefde geleer

“Liefde is die grootste geskenk wat ’n mens kan gee of ontvang. My stryd teen kanker (leukemie) op die jong ouderdom van 16 het my dít geleer. Dit het my fondamente destyds geskud, en ek het besef dinge gaan nooit weer dieselfde wees nie. Ek het gevoel asof ek alles verloor het.

Ek het begin dagboek hou. Vier jaar later is my ma ook gediagnoseer en kon die dagboek haar deur haar behandeling help.

Die lewe is te kort om spyt te wees. Ek weet nóú kanker was deel van my lewensdoel – om ander bewus te maak van die diep, betekenisvolle lesse wat dit ons leer.”

Adélle Kriel (21, foto), leukemielyer wat in 2011 se Moments in Time-kankerkalender verskyn.