sr0902myselfdinge_04_rz
Dit laat jou dink

Dit moet mans wél doen – die vroue sê

Hier is raad van vroue aan mans:

Carla - Versorg jouself en ruik altyd lekker. Dit is báie belangrik dat mans goed lyk.

Marina – Kom saam met my na familie-gesellighede. Leer ken die mense wat belangrik is in my lewe.

Alie – Wees gesellig en vriendelik, maar nie geforseerd snaaks nie.

Carla – ‘n Vrou wil hoor dat sy mooi en begeerlik is. Dit hou die passie aan die gang.

Riana – Luister na wat ons sê.

Carla – Moenie speletjies met ons speel en ons aan ‘n lyntjie hou nie. Bel as jy wil bel. Maar moet ons ook nie vals hoop gee nie. Ons is sensitief en neem dinge ernstig op!

Alie – Wees beskeie, maar nie minderwaardig nie

  • Nikita

    Moet nie lieg en se jy ongetroud, intussen bly jou vrou en kind by jou in die huis.

  • Moessie

    AMEN Nikita… ek was die vrou wat by die huis gebly het met die kind.. die vark