Doen-ding van die maand: "Só help ek stukkende kinders"
Gewone mense vertel wat húlle doen om ander se lewens aan te raak en te verbeter. Katem, 'n sarie.com-gebruiker, deel haar storie oor jong verkragtingslagoffers. Jy kan ook jou storie deel
"Ek is 'n streekhof-aanklaer wat daagliks moord-, kaping-, verkragting- en gewapenderoof-sake hanteer. Voorwaar nie die maklikste werk nie. ek het besluit om iets positiefs te doen vir die arm verkragtingslagoffertjies - stukkende kinders wat nog nooit rykdom, gerief of goeie ouers geken het nie. ek gee vir hulle elkeen 'n sak vol klere, boeke, penne en speelgoed.
"Die uitdrukking op die gesig van 'n kind wat nog nooit 'n geskenk ontvang het nie, is al inspirasie wat ek nodig het. Dis nie 'n beroep nie, eerder 'n roeping as jy bereid is om die ekstra myl vir slagoffers te loop."
Katem, sarie.com-gebruiker
Vertel jou eie storie op sarie.com
Hoe help jy die mense om jou elke dag? Watter projekte is jy en jou vriende mee besig? Vertel ons hieronder en ons sit jou stories op sarie.com
Verwante artikels
-
Amor Vittone oor haar nuwe CD, en Joost help skryf
SARIE - Augustus 2009 | Kommentaar: 9
-
Doen-ding van die maand: "Ons help mense weer sien!"
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 1
Hoe help jy ander? Sarie.com se doen-ding van die maand vertel van ander wat probeer om 'n verskil in mense se lewens te maak. Vertel ons wat jy doen
-
Hou jou kinders styf vas...
SARIE - Mei 2010
-
Kinders en egskeiding: Maak die seer makliker
SARIE - Junie 2010
-
Leser help kinders met perd-terapie
SARIE - Julie 2009 | Kommentaar: 1
-
Tobie Cronjé: “Spiritualiteit is vir my ...
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 2
onlosmaaklik van die res van die lewe.
-
“Ek help myself deur ander te help”
SARIE - November 2008
Agt jaar gelede het Christel Rohrs van Kaapstad haar uitmergelende huwelik beëindig en platsak die wêreld ingevaar. Nou’s sy terug – ’n heel mens
















Kommentaar
Owen Britz-van Ryneveld het gesê:
Ek werk vir 'n nie winsgewende organisasie by name Die Darling Trust. Ons het verskeie projekte, onder andere het ons sopas 'n swembad gebou vir die gemeenskap van Darling en 'n Voorskoolse Ontwikkelingsprogram begin. Ons het tans 40 kinders tussen die ouderdomme 4-6 jaar wie deelneem aan die program en beplan om binnekort nog meer kinders in te neem. Ons ander projekte sluit in Leesvaardidgheidsprojekte, Musiek-, Kuns- en Dramaklasse. Vervoer van HIV pasiënte en gestremde kinders na die skool op Atlantis. Ons is afhanklik van skenkings en donasies om ons projekte aan die gang te hou. Die Darling Trust is hierdie jaar 7 jaar oud en ons beplan nog baie projekte vir die gemeenskap van Darling.
26ste Apr. 2010, 12:08