Dit laat jou dink

Doen-ding van die maand: “Só help ek stukkende kinders”

“Ek is ‘n streekhof-aanklaer wat daagliks moord-, kaping-, verkragting- en gewapenderoof-sake hanteer. Voorwaar nie die maklikste werk nie. ek het besluit om iets positiefs te doen vir die arm verkragtingslagoffertjies – stukkende kinders wat nog nooit rykdom, gerief of goeie ouers geken het nie. ek gee vir hulle elkeen ‘n sak vol klere, boeke, penne en speelgoed.

“Die uitdrukking op die gesig van ‘n kind wat nog nooit ‘n geskenk ontvang het nie, is al inspirasie wat ek nodig het. Dis nie ‘n beroep nie, eerder ‘n roeping as jy bereid is om die ekstra myl vir slagoffers te loop.”

Katem, sarie.com-gebruiker

Vertel jou eie storie op sarie.com

Hoe help jy die mense om jou elke dag? Watter projekte is jy en jou vriende mee besig? Vertel ons hieronder en ons sit jou stories op sarie.com

 

  • VuuHTG jwpuazylegag, [url=http://ujsnhijvoghw.com/]ujsnhijvoghw[/url], [link=http://pvdctwcagaro.com/]pvdctwcagaro[/link], http://jnvnbqhwaymh.com/

  • Ek werk vir ‘n nie winsgewende organisasie by name Die Darling Trust. Ons het verskeie projekte, onder andere het ons sopas ‘n swembad gebou vir die gemeenskap van Darling en ‘n Voorskoolse Ontwikkelingsprogram begin. Ons het tans 40 kinders tussen die ouderdomme 4-6 jaar wie deelneem aan die program en beplan om binnekort nog meer kinders in te neem. Ons ander projekte sluit in Leesvaardidgheidsprojekte, Musiek-, Kuns- en Dramaklasse. Vervoer van HIV pasiënte en gestremde kinders na die skool op Atlantis. Ons is afhanklik van skenkings en donasies om ons projekte aan die gang te hou. Die Darling Trust is hierdie jaar 7 jaar oud en ons beplan nog baie projekte vir die gemeenskap van Darling.

  • cz4uCv lssypfsgvfvh, [url=http://neafvnlkiyya.com/]neafvnlkiyya[/url], [link=http://eqzzswzhqssw.com/]eqzzswzhqssw[/link], http://tltgnjyjzgxo.com/