Dr. Cival Mills
"Ek sal nóóit opgee nie. Om te glo is om te oorwin." - Dr. Cival Mills, 'n mediese dokter wat op 26 jarige ouderdom, ná 'n motorongeluk en 'n beroerte, gediagnoseer is met inkluis-sindroom ('n neurologiese komplikasie waarin 'n pasiënt alle willekeurige spierfunksie, behalwe die vermoë om die ooglede te roer, verloor.)
Vandag, 8 jaar later, word Cival beskou as 'n amper-mediese wonderwerk. Sy wil om te lewe en die ondersteuning wat hy gehad het, maak hom vandag nie meer afhanklik van lewensinstandhoudingsmasjiene nie en hy het volle tonus van sy gesigspiere herwin. Hy het ook 'n boek geskryf, This too will pass.
Cival neem die naweek deel aan Family Adventures, 'n vierwiel- en motorfiets-organisasie wat elke jaar 'n groot veldtog loods om vir QASA (QuadPara Assosiation of South Africa) geld in te samel. Hulle ry van Jozi na Durban.
Klik by Family Adventures vir meer inligting
Verwante artikels
-
Die land dink aan Mathys Roets
SARIE - April 2009 | Kommentaar: 20
In die tente, by die stalletjies, om tafels en op verhoë by 2009 se KKNK is daar net een man op almal se lippe - hoe dit gaan met die sanger Mathys Roets na 'n motorfietsongeluk.
-
Mathys Roets se eerste TV-onderhoud op Kwêla
Coenie de Villiers, aanbieder van Kwêla op kykNET, het by sy vriend Mathys Roets gaan kuier. Kyk die aangrypende Kwêla-insetsel hier
-
Waaraan dink jy vandag, Mathys?
Amper aan die einde van 2009 kyk Mathys terug














Kommentaar