Dit laat jou dink

Dr. Cival Mills

“Ek sal nóóit opgee nie. Om te glo is om te oorwin.” – Dr. Cival Mills, ‘n mediese dokter wat op 26 jarige ouderdom, ná ‘n motorongeluk en ‘n beroerte, gediagnoseer is met inkluis-sindroom (‘n neurologiese komplikasie waarin ‘n pasiënt alle willekeurige spierfunksie, behalwe die vermoë om die ooglede te roer, verloor.)

Vandag, 8 jaar later, word Cival beskou as ‘n amper-mediese wonderwerk. Sy wil om te lewe en die ondersteuning wat hy gehad het, maak hom vandag nie meer afhanklik van lewensinstandhoudingsmasjiene nie en hy het volle tonus van sy gesigspiere herwin. Hy het ook ‘n boek geskryf, This too will pass.

Cival neem die naweek deel aan Family Adventures, ‘n vierwiel- en motorfiets-organisasie wat elke jaar ‘n groot veldtog loods om vir QASA (QuadPara Assosiation of South Africa) geld in te samel. Hulle ry van Jozi na Durban.

Klik by Family Adventures vir meer inligting