sr1009myselfdinge02
Dit laat jou dink

Drie vrae aan Vivian Aumuller

Vivian Aumuller is die skrywer van Turn the Page and Close the Book – Diaries to Inspire the Uninspired (Reach Publishers)

Jou boodskap?

Ons het almal dieselfde vrese. Ons dink almal in een of ander stadium dat ons nie goed genoeg is nie. Jy’s nie alleen nie. Jy kan die innerlike geluk vind wat jy verdien – ek het.

Hoe het die boek jou lewe verander?

Ek het eers bloot dagboek gehou. Dis ’n uitstekende manier om dinge in perspektief te plaas en sin te maak van jou lewe as dit deurmekaar is. Ek kon my gevoelens neerskryf en van woede ontslae raak wat my vooruitgang gestrem het. My boek het gelei tot my eie radioprogram op 93.8 FM en ’n benoeming vir Shoprite Checkers Vrou van die Jaar.

Raad aan lesers?

Moenie jouself so sterk oordeel nie. As jy vassit, moenie jou situasie oor-ontleed nie. Gaan oor tot aksie – enige kant toe – om vooruit te kom.

*Prys: R150, posgeld ingesluit, as jy die boek per e-pos by vivian@camperry.co.za bestel.

  • Zelna Harman

    Wat ‘n fantastiese boek, vol raad en bemoediging. Vivian jy is ‘n inspirasie vir my.

  • Ronel Miennie

    Kan nie wag om te lees nie.