Dit laat jou dink

Krag vir die dag!

Kragkos is dalk baie algemene bestanddele wat jy reeds in jou koskas het en wat voordelig is vir volhoubare energie… 

Piesangs

Daar is eindelose voordele aan piesangs - dit help beveg infeksie, is propvol vitamien B6, kalium en folaat. Dis vir seker een van die algemeenste kragkosse vir volhoubare energie en dit is boonop goed vir jou senuweestelsel.

Hawermout

Studies het bewys dat hawermout ’n gesonde, veselryke ontbyt is. Die stadige vrystelling van koolhidrate verseker ’n voller gevoel vir langer, wat dit ook die ideale ontbytkos maak vir gewigsverlies.

Eiers

Goeie bron van volledige proteïen, wat beteken dit bestaan uit 9 essensiële aminosure. Een eier bevat gemiddeld 6 g van dié belangrike voedingstof. Dis ook ’n natuurlike bron van Vitamien D.

Patats

Verhoog die produksie van wit- en rooibloedliggaampies. Bevat ’n hoë inhoud van vitamien B6 en D. Dis laag in stysel, wat dit gesonder as aartappels maak.

Appels

Dit bevat antioksidante wat help met selvernuwing. Dit bevorder ook die handhawing van ’n gesonde spysverteringstelsel.

Bronne: Daily Mail, BBC