Eet maar sjokolade... dis goed vir jou!
Foto’s: Phyllis Green Galery
Ja, selfs al hét jy hoë cholesterol en bloeddruk, ’n boepie of diabetes.
Dit moet egter goeie donkersjokolade (meer as 70% kakao) wees. Sjokolade met vulsels – romerig, beskuitjies, toffie, ensovoorts – is uit. Jy kan egter dié met neute eet.
Eet dit gerus elke dag, maar hou dié bederfie klein (1 groot blokkie of 2 kleintjies – verkieslik ná ete of saam met ’n lekker groot koppie tee, koffie of ’n glas water). Want oordaad gaan jou gewig laat aansit.
Bron: Mariza van Zyl, RD(SA), geregistreerde dieetkundige van Beter Eet Voeding en Voedsel Konsult in die Paarl. Besoek haar webblad by www.betereet.co.za
Verwante artikels
-
Eet sjokolade – skuldgevoelvry
-
Vinnige sjokolade klapperkoek
SARIE - Mei 2010
Dié resep is so eenvoudig om te maak. Dis my oplossing vir 'n vinnige nagereg wat jou gaste sal laat vra vir meer!














Kommentaar