sr0910gesond01
Dit laat jou dink

“Ek en my man het borskanker” – Egpaar vertel eksklusief

“‘Is jy bang, Michael?’ het ek gevra. ‘Nee, ek is nie,’ het hy geantwoord.

“Ek was ook nie. Soms het ek wel gevra: Hoekom ons? Maar dan het ek wéér gevra: Hoekom nié ons nie? Ons was bekommerd oor mekaar.

“‘n Mens weet mos nie of jy die ander gaan verloor nie. Ons het baie gepraat. Ons wóú ons onsekerhede deel, oor ons siekte gesels. Ek is nie ‘n pildrinker nie, terwyl hy, ‘n wetenskaplike, glo in die werking daarvan.”

“My raad aan kankerlyers is: Praat baie – met professionele mense en met jou vriende en familie. Doen navorsing, vra vrae, leef gesond en hardloop weg van negatiewe mense… As herinnering dat ek dankbaar moet bly, het ek ‘n silwer-armband laat graveer met dié woorde: grace and gratitude.

Kathy Hampton* oor haar en haar man se stryd teen borskanker.

“Ek het ‘n paar keer gehuil, maar was ook baie filosofies: Dokters moes doen wat hulle moes doen. Ek kon minstens die knop sien en voel en dit kon verwyder word. My mansvriende kon nie glo ek het borskanker nie. Hulle het nie besef mans kan dit kry nie.” – Michael Hampton* oor hom en sy vrou se stryd teen borskanker

Egpaar kry skoknuus

In jou Oktober-uitgawe van SARIE vertel die egpaar eksklusief hoe hul albei met borskanker gediagnoseer is.*Skuilname word gebruik.

 

  • Linmari Kennedy-van Dam

    Sal vir julle bid, onthou Jesus is baie lief vir julle xxx

  • Rita Nortje

    God sal met jul wees, baie sterkte!!!

  • Maritha Steyn

    Het hierdie aanhaling in Vrouekeur 2005 gekry na aanleiding van n artikel oor Janie du Plessis: Vir enigeen wat met kanker gediagnoseer word, is dit n uitdaging, want jou sorgeloosheid is weg. Dit is n oorwinning om eerlik vreugde te kan voel want jy durf niks meer ligtelik op te neem nie. Waarskynlik die grootste geskenk wat kanker aan jou gee is die geleentheid om die mooi in die lewe opreg te waardeer. Ek is ook daar na ek in 2006 gediagnoseer is, maar nog skoon na 30 bestralings in 2007. Prys die Here!!

  • http://elpimynpptva.com/ hndqtldu

    7bjoV6 xqpbtrzesoeb, [url=http://lejukrsbksvh.com/]lejukrsbksvh[/url], [link=http://bqbkmgmdueqn.com/]bqbkmgmdueqn[/link], http://rkyvrundisjn.com/